Die Amerikaanse owerhede waarsku oor “gevaarlike en sterk” winde wat dodelike veldbrande in Kalifornië kan vererger.
Die dodetal wat vroeër berig is, het intussen weer gestyg.
LEES MEER: Dodetal van Los Angeles se brande styg
News24 berig 16 sterftes is tot dusver bevestig, en die Palisades-brand, wat slegs 11% onder beheer is, bedreig residensiële gebiede en kulturele bates.
’n Betroubare bron, wat in die omgewing bly, verduidelik aan Rosestad-nuus hoewel hul bagasie by hul voordeur regstaan, hulle huiwerig is om hul woning te verlaat weens plunderaars wat ywerig is om hul eiendom te stroop en skade aan te rig.
Die onsekerheid is sleg vir hul hele gesin, veral die kinders wat besorgd is oor hul Kersfeesspeelgoed.