Die VSA het in die nasleep van ‘n onstuimige diplomatieke krisis aangedui dat betrekkinge met Suid-Afrika positief is. Dít ná positiewe interaksies met top-regeringsamptenare, insluitend president Cyril Ramaphosa, by die  Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa-handelskonferensie hierdie week by Nasrec in Johannesburg. Die Amerikaanse adjunk-sekretaris van handel, Don Graves, het gister gesê beide hy en die Amerikaanse ambassadeur Reuben Brigety het gehaltetyd saam met president Ramaphosa en die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, spandeer tydens die forum. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×