Die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Koninkryk het bykomende sanksies op amptenare en fasiliteerders van die Hamas-militante groep ingestel. Dit is volgens die Amerikaanse Tesourie-departement veral groepe in Turkye wat verbind word met Hamas. Reuters het gister berig die VSA se sanksies teiken agt persone wat Hamas se agenda voortsit deur die terreurgroep se belange in die buiteland te verteenwoordig en sy finansies te bestuur. Brain Nelson, vise-sekretaris van die Tesourie se afdeling vir Terrorisme en Finansiele Intelligensie, het gesê Hamas steun op netwerke waaruit hulle voordeel kan trek deur fondsinsamelings wat hul onwettige militêre aktiwiteite in Gaza ondersteun. Verskeie Hamas leiers is in Turkye om geld vanaf dié land na Hamas se bevelsentrum in Hebron oor te plaas. Brittanje se buitelandse kantoor het gister gesê nog sewe mense wat aan Hamas verbind word, is sanksies opgelê. Die Britse Buitelandse Sekretaris, David Cameron, het gesê Hamas het geen toekoms in Gaza nie omdat die sanksies hul befondsing afsny en die terreurgroep isoleer. Talle sanksies is reeds teen groepe ingestel wat Hamas sedert die inval op Israel in Oktober ondersteun. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×