Die VSA kla die Hamas-leier, Yahya Sinwar, en nog vyf ander lede van die Palestynse militantegroep aan vir beweerde oortredings met die 7 Oktober-aanval op Israel.
Die Amerikaanse departement van justisie sê die aanklagte teen die ses sluit onder meer moord op Amerikaanse burgers in.
Internasionale media berig sameswering tot terrorisme, asook die gebruik van wapens wat op massavernietiging gemik is, verskyn ook op die klagstaat. Drie van die aangeklaagdes is dood, terwyl daar vermoed word Sinwar skuil iewers in ‘n ondergrondse tonnelnetwerk in Gasa.
Dit is die eerste direkte aksie deur Amerikaanse wetstoepassers om Hamas-leiers met regstappe tot verantwoording te roep.