Die VSA skenk 25-miljoen dosisse Pfizer entstof aan Suid-Afrika

Die VSA se skenking van vyf-komma-ses miljoen dosisse Pfizer entstof aan Suid-Afrika sal ‘n groot bydrae lewer om die coronavirus-inentingsveldtog te versnel volgens die waarnemende Minister van Gesondheid, Mamoloko Kubayi. Die eerste deel van die skening het gister in Suid-Afrika aangekom. Dit is deel van 25 miljoen dosisse wat die VSA aan Afrika belowe het na ‘n bilaterale vergadering tussen die Amerikaanse president Joe Biden en President Cyril Ramaphosa by die G-7 beraad wat in Junie in Brittanje gehou is. Die skenking aan Suid-Afrika is die grootste wat die VSA aan ‘n enkele land gegee het. Nigerië is volgende en sal vier miljoen dosisse ontvang. Kubayi sê die dosisse sal genoeg wees om Suid-Afrika se huidige voorraad aan te vul om aan die groeiende aanvraag na entstof te voldoen. 

Luister na potgooie hieronder