Die Verenigde State van Amerika doen ‘n beroep op Suid-Afrika om planne te versnel om tekortkominge in die land se finansiële stelsel aan te spreek, aangesien swak beheer beleggers steeds bekommer.

Daar word geglo die land se vermoë om beleggings te lok, het afgeneem nadat dit op die berugte gryslys beland het. Suid-Afrika is ‘n jaar gelede op die gryslys geplaas te midde van oproepe om maatreëls teen korrupsie, geldwassery en terrorismefinansiering te verdubbel. Die Amerikaanse adjunkminister van die Tesourie, Wally Adeyemo, sê Suid-Afrika het nog net ‘n fraksie van die aspekte wat kommer wek aangespreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×