Terwyl Afrika-leiers vandeesweek in Rusland is vir die Afrika-Rusland beraad, het die VSA gevra dat Afrika leiers vir Poetin herinner dat sy versuim om Oekraine toe te laat om graan deur die Swartsee uit te voer, tot gevolg gaan hê dat graan gelykstaande aan 18 miljard brode nie uitgevoer kan word nie. Dit is die armste lande wat daaronder gaan ly, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken aan AFP gesê. Blinken het gesê die Afrika-leiers wat die beraad in St. Petersburg bywoon, moet weet die styging van voedselpryse asook graan-en kunsmistekorte, is ‘n direkte gevolg van Poetin se oorlog met die Oekraine. Rusland het gesê die land is gereed om graan gratis na Afrikalande uit te voer wat dit nodig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×