Oekraïne het verantwoordelikheid aanvaar vir gister se missielaanval op die Russiese Swartsee-vloothoofkwartiere in die Krim. Die Oekraïense weermag het gesê dit het die vlootbasis in Sewastopol suksesvol getref. Die aanval het ten minste een dienspligtige se dood veroorsaak. Die BBC berig video’s op sosiale media wys hoe rook by die getrefde gebou uitstoot. INTUSSEN, beplan president Joe Biden van Amerika om gevorderde langafstand-missiele aan Oekraine te verskaf om die land te help met sy teenoffensief teen Rusland. Amerkaanse amptenare is aangehaal wat gesê het dit sal ATACMS-missiele wees met ‘n reikafstand van tot 300km. Dit sal Oekraine instaatstel om Russiese teikens diep agter die gevegsfront te tref. Dié aanval op die vlootbasis in Sewastopol bevestig die belangrikheid van Westerse wapens wat aan Oekraine verskaf word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×