Amerika wil die spanning met Suid-Afrika agter hulle sit. Die Amerikaanse konsul-generaal, Vincent Spera, het gesê hulle wil nou op die toekoms fokus. Die spanning met Amerika het Suid-Afrika se Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) lidmaatskap bedreig. Spera het gesê die Agoa-forum, wat in November aangebied word, gaan oor potensiaal en vordering en bou op die sterk punte van hulle verhouding met Suid-Afrika. Hy het bygevoeg hulle is baie trots op die strategiese verhouding met Suid-Afrika en is daartoe verbind om voort te gaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×