Vure by die Noordelike Stortingsterrein het die laaste paar maande geweldig toegeneem.
Dit is so erg dat inwoners se gesondheid daaronder lei en sommige inwoners moet hulle huise verlaat en elders bly omdat die situasie onuithoudbaar is.
Dit affekteer ook besighede in die omgewing en het ‘n negatiewe impak op eiendomswaardasies.
Die meeste van die vure ontstaan as gevolg van sabbotasie.
Die Metro is tans besig om ekstra grond en sand in te ry maar daar is vir die afgelope week ‘n tekort aan diesel wat veroorsaak dat toerusting op die terrein staan en kompaktering nie kan plaasvind nie.
Die Metro is hoopvol om môre diesel te kry.