Die vyf grootste onderwysersvakbonde in die land het die parlement se komitee oor Basiese Onderwys oor ‘n aantal kwessies ingelig

Die vyf grootste onderwysersvakbonde in die land het die parlement se komitee oor Basiese Onderwys oor ‘n aantal kwessies ingelig, insluitend die uitdagings wat die Covid-19-uitbreking meegebring het.

Die vakbonde SADOU, die SAOU, NATU, NAPTOSA en PEU het hul kommer uitgespreek oor ‘n gebrek aan infrastruktuur, die welsyn van onderwysers en ongelykhede tussen skole wat deur die pandemie
blootgelê is.

Hulle sê skole in landelike gebiede en townships trek aan die kortste end wat tegnologie-hulpmiddels betref.

Hulle sê dit is ook vir hulle moeilik om sosiale afstand te handhaaf weens te min klaskamers.

Luister na potgooie hieronder