Die dodetal ná vanoggend se brand in die Johannesburgse middestad staan op 73.

Oorblyfsels van die vyfverdieping-gebou, wat skynbaar die eiendom van die munisipaliteit is, het ‘n kort rukkie gelede luidens Reuters steeds gesmeul.

Kabelo Gwamanda, burgemeester van die stad, het gesê die munisipaliteit het die gebou aan ‘n liefdadigheidsorganisasie vir ontheemde vroue verhuur.

Dit wil voorkom of die beheer van die gebou intussen deur misdaadkartelle oorgeneem is.

President Cyril Ramaphosa sê hy hoop wanneer die oorsaak van die brand bekend is, dat dit tot die voorkoming van soortgelyke tragedies sal lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×