Die waarnemende Openbare Beskermer, of OB, Kholeka Gcaleka, het aangedui dat sy president Cyril Ramaphosa wil dagvaar om haar vrae in verband met die Phala Phala-kwessie te beantwoord. Dit volg nadat die president, luidens ʼn verklaring wat die OB uitgereik het, die sperdatum van 18 Julie misgeloop het. Die president het vir verdere uitstel gevra, maar dit is deur die OB geweier. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het bevestig dat die president se regspan in verbinding met die regspan van die OB is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×