Die Withuis het bevestig dat vier Amerikaners veilig terug in die VSA is, nadat hulle in Rusland aangehou is. Reuters berig die Wall Street Journal-verslaggewer, Evan Gershkovich, tel onder die aangehoudenes wat deel is van die grootste gevangene-uitruiling van sy soort sedert die einde van die Koue Oorlog.

Die Withuis sê die VSA het met Rusland, Duitsland en drie ander lande beding. Die ooreenkoms, wat vir meer as 'n jaar in die geheim bespreek is, het betrekking op altesaam 24 gevangenes. Sestien is van Rusland is terug weste toe gestuur, en agt is vandie weste af terug na Rusland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×