Die Palestynse militantegroep, Hamas, oorweeg dit blykbaar om die huidige wapenstilstandtydperk in sy bloedige oorlog met Israel, te verleng.

Luidens die aanvanklike ooreenkoms sou die grasietydperk 4 dae duur, wat beteken vandag is amptelik die laaste dag van die skietstilstand.

Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu het egter ook toe reeds laat blyk dat hierdie tydperk met ‘n ekstra dag verleng kan word, vir elke bykomende tien gyselaars wat laat gaan word.

Hamas het reeds 54 gyselaars vrygelaat, terwyl 117 Palestynse gyselaars laat gaan is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×