Die wapentransaksieverhoor van oudpresident Jacob Zuma sal na verwagting in ‘n virtuele hofsitting uitgestel word

Die wapentransaksieverhoor van oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, wat vandag moes hervat, sal na verwagting in ‘n virtuele hofsitting uitgestel word.

Dit kom na ‘n uitstelling verlede maand weens Zuma se gesondheidstoetstand.

Die hof het verder verlede maand opdrag gegee dat twee mediese verslae by die hof ingedien word.

Die verslae is ná die spertyd op 20 Augustus ingedien. Zuma het tot dusver die opdrag vir ‘n mediese ondersoek deur die
staat se dokter, geweier.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê indien die verhoor, soos verwag, uitgestel word sal dit die dokter wat hy aangewys het in staat stel om Zuma se mediese verslae met sy dokters, te bespreek.

Luister na potgooie hieronder