Die wapenvervaardiger Denel is nog ‘n senior bestuurder kwyt

Die wapenvervaardiger Denel is nog ‘n senior bestuurder kwyt ná die bedanking van die finansiële hoof, Carmen le Grange.

Verlede week het die raadsvoorsitter enverskeie raadslede ook bedank.

Die sukkelende staatsinstelling het nie redes gegee vir Le Grange se bedanking nie.

Die jongste gebeure laat die krisis by Denel verder vergroot.

Die Departement van Openbare Ondernemings sê hy sal later reageer.

Luister na potgooie hieronder