Partye wat belangstel om deel te neem aan Suid-Afrika se bod om ‘n Formule Een Grand Prix in 2026 en daarna aan te bied, kan nou hul bod indien.
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het aangekondig dat die bodbestuurskomitee die versoek-dokument vir belangstellende partye vrygestel het.
Die minister se woordvoerder, Stacey-Lee Khojane, sê die dokument verskaf gedetailleerde voorwaardes, insluitend die minimum vereistes en verwagtinge vir belangstellendes.
Die dokument is beskikbaar vir aflaai op die departement se amptelike webwerf.
LUISTER: