Die wedrendirekteur vir die Russiese Grand Prix, Michael Masi, het teruggekap ná Lewis Hamilton se bewering dat Formule Een-base probeer keer dat hy wen

Die wedrendirekteur vir die Russiese Grand Prix, Michael Masi, het teruggekap ná Lewis Hamilton se bewering dat Formule Een-base probeer keer dat hy wen.

Die Britse kampioen, wat Sondag van die voorste wegspringplek af gelei het, is verkeerdelik twee boetes van vyf sekondes elk opgelê.

Die vermeende oortredings vóór die wedren het verhoed dat hy ‘n 91-ste Grand Prix-oorwinning behaal.

Die besluit is later herroep en Hamilton se Mercedes-span is eerder beboet.

Masi hou egter vol die wedrenbeamptes het regverdig opgetree deur hom te straf.

Luister na potgooie hieronder