Volgens sosiale media is daar ‘n toename in slange wat in en om Bloemfontein gevang word.

Rosestad-nuus het met jou vriendelike buurt-slangvanger, Stephan Fourie, oor die toename gesels. Volgens Fourie het die reën en hoë temperature definitief ‘n invloed op slang aktiwiteit. Die reptiele kan nie hul eie liggaamstemperatuur reguleer nie, en is dus van omgewingstoestande afhanklik.

Die reptiele benodig goeie beskutting en water en kannie tussen ‘n huis en ‘n klip in die veld onderskei nie. Verder kom slange ook agter kos in woongebiede aan. Fourie sê selfs slangweermiddels werk nie om die slange uit te hou nie – of dit nou van die groot handelsnaam-produkte of Jeyes Fluid is nie.

In 2024 het Fourie suksesvol 177 slange in en om Bloemfontein verwyder, terwyl al die vangers saam ongeveer 350 verwyder het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×