Die weermag is by die hof, vir Zuma se korrupsiesaak, ontplooi

Minstens twee Ratels van die Suid-Afrikaanse Weermag, asook drie Njalas van die polisie het vroeër vanoggend by die hooggeregshof in Pietermaritzburg opgedaag.

Netwerk 24 berig, lede van die polisie het saam met die weermag ‘n lyn van beskerming voor die hof gevorm, waar oudpresident Jacob Zuma en die wapenvervaardiger Thales se korrupsieverhoor vandag virtueel aangehoor word.

Zuma het ‘n aansoek om uitstel ingedien. Volgens die regskenner Mpumelo Zikalala, is die aansoek om uitstel van die saak daarop gegrond, dat Zuma in persoon wil getuig oor waarom die korrupsiesaak teen hom teruggetrek moet word.

Luister na potgooie hieronder