Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in vier provinsies ontplooi om die aanvalle op vragmotors te stuit. Dít terwyl die minister van polisie, Bheki Cele, Suid-Afrikaners verseker het dat hierdie aanvalle nie met die Julie 2021-onluste verband hou nie. Wetstoepassingsagentskappe sê hulle sal egter geen kanse waag nie. Die weermag monitor nou alle roetes, veral dié wat ook tydens die onluste geblokkeer is. INTUSSEN, is ‘n derde verdagte in hegtenis geneem in verbang met die aanvalle op vragmotors. Polisiewoordvoerder, Brig. Athlenda Mathe, het gesê die drie verdagtes hou verband met die aanval Woensdagoggend waarin vier vragmotors op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief geteiken is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×