Die weermag sê hy het die Kubaanse middel Heberon onwettig ingevoer omdat hy geglo het daar is ‘n gevaar van ‘n biologiese aanval

Die weermag sê hy het die ongeregistreerde Kubaanse middel Heberon onwettig ingevoer omdat hy geglo het daar is ‘n gevaar van ‘n biologiese en chemiese aanval.

Die weermag het die middel teen R260-miljoen aangekoop en wou dit glo gebruik vir die behandeling van Covid-19.

Die generaal wat verantwoordelik was vir die aankope van die middel, Joseph Tyhalisi, sê die militêre gesondheidsdienste het gedink dat hulle nie hoef te voldoen aan die normale prosesse om farmaseutiese produkte in te voer nie, weens die militêre ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Kuba.

Tyhalisi het aan die parlement se portefeuljekomitee oor Verdediging gesê hulle het ‘n militêre oplossing gesoek vir moontlike biologiese oorlogvoering.

Luister na potgooie hieronder