Die weermag het die versekering gegee dat sy inligting veilig is en nie in die hande van kuberkrakers is nie. Die departement van verdediging het gerugte wat op sosiale media versprei is, die nek omgedraai dat hul stelsel binnegedring en gekaap is, aldus Netwerk 24. Die woordvoerder van die SANDF, Siphiwe Dlamini, het gister gesê daar was sowat twee weke lank bewerings dat die departement van verdediging se inligting uitgelek is. Dlamini het gesê ‘n ondersoek is dadelik begin en die voorlopige bevinding is dat dit nie waar is nie. Dit kan moontlik brokkies inligting van kuberkriminele wees wat uit die departement gelek is en op sosiale media as die waarheid versprei is. Die SANDF het beleide in plek wat ongemagtigde toegang tot die stelsel verbied asook die deel van geklassifiseerde inligting.
