Die weermag word ontplooi om geweld en plundery te onderdruk.

Maroela Media het bevestig dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), met ontplooiingsprosesse en -prosedures begin het, om voortgesette geweld en oproer in KwaZulu-Natal, asook Gauteng te stuit.

Brigadier-generaal Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, sê die hoofdoel is om veiligheid te verseker, en ook ‘n veilige werksomgewing vir die polisie en ander wetstoepassingsowerhede in die uitvoer van hulle take te skep.

Die duur van, en die aantal soldate wat ontplooi word, sal later bevestig word.

Luister na potgooie hieronder