Die 40-jarige Frikkie Venter van Welkom, is vanoggend op borgtog van R500 vrygelaat.

Hy word daarvan aangekla dat hy die 41-jarige André le Roux, ook van Welkom, na bewering op 6 November doodgeskiet het.

Dit terwyl Le Roux glo vir Xhanté Daffue – Venter se eksmeisie – aangerand het.

Netwerk24 berig ‘n kennnis van Le Roux en Daffue, sê die paartjie se verhouding was stormagtig en gewelddadig van aard. Venter verskyn eersdaags weer in die hof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×