Die Mangaung Metro Munisipaliteit se Motshidisi Ntlhare, van Setjhaba se Maketse  Gekombineerde Skool, het as vanjaar se algehele wenner van die Graad 12’s se begrotingsopstel-kompetisie weggestap.

Sy het ‘n skootrekenaar en ‘n kontant prys van R10 000 ontvang.

Volgens die LUR van die Vrystaatse ondewysdepartement, MJ Maboya, is hierdie meer as net ‘n kompetisie, dit is ‘n platform om die ekonomiese denke van môre te koester.

Ook is help die kompitisie om analitiese vaardighede op te skerp en jong Suid-Afrikaners voor te berei vir die finansiële realiteite van bestuur en nasiebou.

Luidens ‘n plasing op sosiale media spruit hierdie inisiatief uit ‘n strategiese vennootskappe met Old Mutual en Nedbank.

Die inisiatief weerspieël ook ‘n jarelange verbintenis tot finansiële geletterdheid, verantwoordelike begroting, en die integrasie van ekonomiese onderwys in skoolstelsels.

error: Inhoud is beskerm !!