Die Wêreld Gesondheidsorganisasie, of die WHO, het die week gesê meer as 70% sterftes wêreldwyd is as gevolg van nie-aansteeklike siektes. Dit sluit in siektes soos kanker, diabetes, hoë bloeddruk en hartsiektes. Die WHO het die statistieke bekend gemaak tydens die 75-jaar vieringe van die organisasie. Die WHO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, het gesê ondanks die vooruitgang wat gemaak is met malaria en tuberkulose, is programme vir eers gestaak. Hy het gesê dat arm mense wat vir gesondheidsorg moet betaal, sedert 2000 toegeneem het met meer as twee biljoen. Diabetes en mense wat oorgewig is, neem toe as gevolg van ‘n ongesonde dieët en te min oefening. Ghebreyesys sê egter gesondheidsorg het wêreldwyd verbeter. Die lewensverwagting van mense het die afgelope 75-jaar van 46 tot 73-jaar opgeskuif, ook in arm lande. Die hoogtepunte van die WHO was die uitwissing van pokke en polio wat bykans uitgewis is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×