Hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie knyp, is daar steeds meer as genoeg geleenthede plaaslik, verder op in Afrika en wêreldwyd vir boere om suksesvol te wees. Dit is die mening van prof. Johan Willemse, ʼn landbou-ekonoom en konsultant, wat tydens TLU SA se jaarkongres as spreker opgetree het. Maroela Media berig hy het gewys op die ironie dat die regering met sy sosialistiese beleid nie sy rol kan vervul nie, wat beteken dat die land vir alle praktiese doeleindes besig om te privatiseer. Volgens Willemse is die grootste risiko waarmee Suid-Afrikaners tans gekonfronteer word, staatsineenstorting. Hy voeg by die aankondiging die naweek dat die staat nie meer geld het nie, voorspel boonop niks goeds nie en kan in ʼn doodspiraal eindig.