In geldwaarde is Apple die tweede agtereenvolgende jaar die wêreld se voorste handelsmerk in geldwaarde.
Kantar BrandZ se Global Brands-verslag vir 2023 is bekend.
Die top handelsmerke op dié gesogte lys van honderd, het ‘n verbysterende gesamentlike geldwaarde van nagenoeg 6,9 biljoen Amerikaanse dollar.
Die top-10 sien so daarna uit: Apple, Google, Microsoft, Amazon, McDonald’s, Visa, Tencent, Louis Vuitton, Mastercard en Coca-Cola.