Die Amerikaanse president Joe Biden het Iran gewaarsku om nie betrokke te raak by Israel en die Palestynse Hamas-militante se konflik nie.

Sy waarskuwing kom te midde vrese dat die bloedige streekskonflik in die Gaza-gebied wyer kan uitkring.

Suid-Afrikaanse politici veroordeel die geweld teen burgerlikes in Israel en Palestina.

Politici hier, staan egter verdeeld oor die beweegrede vir die konflik. News24 berig die ANC en EFF pak blykbaar die skuld vir Hamas se aanval op Israel.

Politieke partye, wat die DA, VF Plus en ACDP insluit, meen daar was geen uitlokking van Israel wat aanleiding tot Hamas se onverwagse aanval gegee het nie.

Meedoënlose Israeliese lugaanvalle in die Gaza-strook het reeds honderdduisende mense hier ontheem, sedert Hamas se onverwagse aanval op Israel die afgelope naweek.

Meer as 1 200 mense is dood en minstens 5 000 is beseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×