Die wêreld se oudste hond is die afgelope naweek in die ouderdom van 31 oorlede.

Bobi, ‘n Australiese Bullmastiff, is in Februarie vanjaar reeds amptelik as die wêreld se langslewende hond erken.

Volgens SkyNews is Bobi op 11 Mei 1992 in ‘n klein dorpie in Portugal, op die erf van die Costa-gesin gebore.

Een van die seuns, Leonel, nou 38, was van die begin tot die einde van Bobi se lewe sy mens- vriend.

Leonel reken dit is die kalm omgewing, ver van groot stede, wat tot Bobi se lang lewe bygedra het.

Hy sê Bobi het altyd geëet wat die gesin geëet het en was nooit aan ‘n leiband nie. Bullmastiffs se normale lewensverwagting is tussen 12 en
14 jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×