Die wêreld se oudste man, Juan Vicente Perez Mora, is in die ouderdom van 114-jaar in Venezuela oorlede. AFP berig die Guiness World Records het in Februarie 2022 bevestig hy is die oudste lewende man toe hy 112-jaar oud was.

Perez wat as Tio Vicente bekend gestaan het, het elf kinders gehad en 41 kleinkinders in 2022, asook 18 agterkleinkinders en 12 agteragterkleinkinders. Hy is op 27 Mei 1909 in El Cobre gebore en was een van tien kinders.

Hy was vyf jaar oud toe hy saam met sy pa en broers begin werk het deur suikerriet en koffiebone te oes. Hy was later ‘n wetstoepasser maar het steeds in die landbou gewerk. 

error: Inhoud is beskerm !!