Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen beroep op Afrika-lande om nié entstof wat verval het, te vernietig nie

 Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen beroep op Afrika-lande om nié entstof wat verval het, te vernietig nie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n beroep op Afrika-lande gedoen om nié entstof wat verval het, te vernietig nie.

Die beroep volg nadat Malawi en Suid-Soedan meer as 70 000 dosisse van die AstraZeneca entstof vernietig het.

Die Afrika Sentrum vir Siektebeheer het by die vervaardiger uitgevind dat die entstof nog vir sowat ses maande gebruik kan word.

Die WGO sê omdat die entstof teen Covid-19 nog nie lank in gebruik is nie, is dit moeilik om die doeltreffendheid te bepaal vir ‘n tydperk ná die vervaldatum.

Die WGO het lande gevra om nie oorhaastig te wees nie.

LeandreAdmin@