Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Amerikaanse agentskap vir openbare gesondheid het gesê daar is ‘n ernstige bedreiging dat masels wêreldwyd kan versprei.
Die twee organisasies sê in ‘n gesamentlike verslag daar was ‘n afname in inenting teen masels tydens die COVID-pandemie.
Masels is een van die mees aansteeklike menslike virusse, maar is byna heeltemal voorkombaar deur inenting.
’n Rekordgetal van byna 40 miljoen kinders het verlede jaar hul inenting teen die siekte gemis weens hindernisse wat deur die pandemie veroorsaak is.
Op eie bodem hou die onlangse verspreiding van masels van Limpopo na Mpumalanga die risiko in dat die uitbreking nog verder in die land kan versprei.
Komplikasies van masels sluit in longontsteking, diarree, dehidrasie, enkefalitis, blindheid en dood.
Masels-entstowwe word gereeld op die ouderdom van ses en 12 maande gegee.
Dit is egter nooit te laat om teen masels ingeënt te word nie.