Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het diep kommer uitgespreek oor die gevolge van die onmiddellike finansieringspause vir MIV-programme in lae- en middelinkomste lande.

Volgens hul webwerf verskaf hierdie programme lewensreddende MIV-terapie aan meer as 30 miljoen mense wêreldwyd.

Die Amerikaanse president se Noodplan vir Vigsverligting (PEPFAR) red lewens, voorkom miljoene MIV-besmettings en ondersteun verskeie lande om MIV-epidemiebeheersing te behaal.

Volgens Wikipedia is Suid-Afrika die land met die hoogste hoeveelheid HIV-pasiënte.

Hul laaste opname toon dat byna agt miljoen uit ’n populasie van 60 miljoen inwoners met die siekte gediagnoseer is. Die WGO meen dat hierdie ’n drastiese terugslag wêreldwyd kan wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×