Die Wêreldhof in Den Haag sal na verwagting môre uitspraak lewer oor Suid-Afrika se volksmoordklag teen Israel.

Die hof het gistraand in ʼn verklaring gesê regterpresident Joan Donoghue, sal die hofbevel om twee-uur Suid-Afrikaanse tyd, gedurende ‘n openbare sitting voorhou. Israel het met die Hof se aanhoor van die klag, voorgehou dat Suid-Afrika ‘n medepligtige is in Hamas se “volksmoord-veldtog” teen Isreal se mense.

By monde van Eylon Levy, woordvoerder van die Israeliese regering, maak Suid-Afrika hom skuldig aan die lewensverlies van Israeliese burgers in die Israel/Hamas-konflik in
die Gasastrook. Hy sê die Palestynse militantegroep Hamas pleeg “misdaad teen die mensdom,” en dat Suid-Afrika hom openlik by Hamas skaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×