Die Wêreldhof sal na verwagting vanmiddag uitspraak lewer oor Suid-Afrika se aansoek vir ‘n hofbevel teen Israel, om sy militêre aksies in Gasa se Rafah-streek te staak. Die hof, wat in Den Haag in die Nederlande gesetel is, het verlede week Suid-Afrika se betoë hieroor aangehoor. Daar word gevra vir die wysiging van voorlopige maatreëls – wat onderskeidelik in Januarie 2023, en in April vanjaar – deur die hof uitgereik is.

Intussen het die hoofaanklaer, van die Internasionale Strafhof, lasbriewe vir inhegtenisneming aangevra, vir drie Hamas-leiers, vir Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, en vir sy minister van verdediging. Die aansoek vir die lasbriewe berus op bewerings van oorlogsmisdaad, en misdaad teen die mensdom.

error: Inhoud is beskerm !!