Die wêreldwye getal Covid19-gevalle het die 50 miljoen kerf verbygesteek

Die wêreldwye getal Covid19-gevalle het die 50 miljoen kerf verbygesteek. Dit kom nadat rekordstygings in nuwe gevalle in verskeie lande aangeteken is. Daar word deur Reuters berig dat ‘n kwart hiervan in die afgelope 30 dae aangemeld is. 12,5 miljoen van die gevalle is in Europe aangemeld, waar sowat 305-duisend mense reeds weens die virus gesterf het. In Amerika het bykans 10 miljoen mense reeds positief getoets, nadat die bevestigde gevalle vir drie dae in ‘n ry met meer as 125,000 gestyg het. Meer as 237,000 Amerikaners is weens die virus dood. Duitsland, Frankryk en Brittanje het nuwe inperkingsregulasies aangekondig. Die wêreldwye dodetal is nou ook meer as 1,25 miljoen.

Luister na potgooie hieronder