Die werkloosheidskoers het vir die derde agtereenvolgende kwartaal tot ’n rekord gestyg

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het vir die derde agtereenvolgende kwartaal tot ’n rekord gestyg.

Volgens Statestiek Suid-Afrika was amptelike werkloosheid in die eerste kwartaal 32,6%, teenoor 32,5% einde 2020.

Uitgebreide werkloosheid, wat ontmoedigde werksoekers insluit, het ook tot ’n rekord gestyg.

Dis nou 43,2%, teenoor 42,6% einde 2020.

In die eerste kwartaal van 2021 het byna 1,4 miljoen mense wat ’n jaar gelede werk gehad het, hul werk verloor.

Luidens SSA is daar nou altesame 11,4 miljoen mense in die land wat óf werk soek óf tydelik opgehou het om werk te soek.

Luister na potgooie hieronder