Die Werkloosheidversekeringsfonds het ‘n span ouditeure aangestel om maatskappye te ondersoek

 Die Werkloosheidversekeringsfonds het ‘n span ouditeure aangestel om maatskappye te ondersoek

Die Werkloosheidversekeringsfonds het ‘n span ouditeure aangestel om maatskappye te ondersoek wat tydelike werkgewer-werknemershulpverlening, oftewel TERS-toelaes, tydens die Covid-19 inperking ontvang het.
Dit kom nadat die fonds vele klagtes ontvang het van werknemers wat glo nie die hulpverlening ontvang het nie.
Makhosonke Buthelezi, die fonds se direkteur-generaal, het gewaarsku dat maatskappye wat die geld vir hulself gehou het, vervolg sal word.
Hy sê die sewe maatskappye wat aangestel is om die ondersoek te doen, spesialiseer onder andere in forensiese ondersoeke.

LeandreAdmin@