Die werksaamhede van die Amerikaanse regering kan tot stilstand kom

Die werksaamhede van die Amerikaanse regering kan tot stilstand kom.

Dit kom nadat die president, Donald Trump, dramatiese veranderings geëis het aan ‘n regeringsfinansiering- en coronavirushulppakket.

Hierdie pakket ter waarde van $2,3-duisend-miljard, is Maandag deur albei huise in die Kongres goedgekeur na maande se onderhandelings.

Die pakket finansier die regering se werksaamhede tot in September aanstaande jaar.

Indien Trump weier om die pakket te onderteken, tree ‘n outomatiese veto in werking ná 10 dae. Die Kongres verdaag aan die einde van die jaar.

Luister na potgooie hieronder