Die Wes-Kaapse Bloeddiens is dringend na bloedskenkers op soek, aangesien sy bloedvoorraadvlakke uiters laag is weens voortslepende taxi-stakings in die provinsie.
Natalie Booysen van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, of SANBS, in Bloemfontein, het gesê hoewel die Wes-Kaapse bloeddiens onafhanklik van die dienste in ander provinsies werk, sal die SANBS steeds in krisistye altyd help waar hy kan.
Sy sê wanneer betogings of natuurrampe plaasvind, onstaan bloedtekorte nie noodwendig omdat daar meer pasiënte is nie, maar eerder aangesien skenkers nie skenkerpunte kan bereik nie.
Bloemfontein se skenkerpunte is by Victorian Square in Westdene, Bloemplaza in die middedorp, en in die Southern Centre in Fichardtpark.