Die Wes-Kaapse regering het die nuwe lede wat by die provinsiale Teen-Bende Eenheid gevoeg gaan word verwelkom. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Thembisile Patekile, het aangekondig dat die eenheid ook ‘n nuwe hoof sal kry.
Patekile sê die 47 nuwe lede sal Maandag by die eenheid begin werk. Die provinsiale LUR vir Polisie-toesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê hy verwelkom die aankondiging.