Hetsy op die sand of in die water, Blouvlagstrande handhaaf die hoogste standaarde in netheid, watergehalte, fasiliteite en toeganklikheid.
Volgens The Citizen is die provinsie met die hoogste konsentrasie Blouvlagstrande, die Wes-Kaap. Die provinsie het 31 sulke strande terwyl die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal onderskeidelik met agt en nege kan spog. Van die strande in die Wes-kaap sluit KIeinmond, Melkbosstrand en Hartenbos in.
Die Wildlife and Environment Society of South Africa is die toesighoudende liggaam wat help om die hoë standaarde van die land se strande te handhaaf. Hulle sê behalwe vir son en branderplankry, bied Blouvlagstrande opvoedkundige aktiwiteite soos die skoonmaak van strande, begeleide staptogte en praatjies oor die seelewe aan.