Die Wes-Kaap toon positiewe tekens van ekonomiese herstel

Die Wes-Kaap se minister van Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die provinsie toon positiewe tekens van ekonomiese herstel, selfs ondanks die Covid-19-inperkings.

Maynier sê Statistiek SA se jongste kwartaalsyfers vir die arbeidsektor toon dat 120 000 mense tydens die laaste kwartaal van verlede jaar in diens geneem is.

Hy sê die syfer was die hoogste van alle provinsies.

Hy sê die syfer van mense wat hulle werk weens die Covid-19-inperkings verloor het bly egter baie hoog en die provinsie sal alles in sy vermoë doen om besighede te ondersteun en werksgeleenthede te red.

Intussen het ‘n verslag getoon dat die Vrystaatse Gesondheidsdepartement vir 2019/2020 boekjaar 310-miljoen rand bestee het aan ongemagtigde, vrugtelose en vermorste uitgawes.

Luister na potgooie hieronder