Die Wes-Kaap se toerisme- en gasvryheidshandelsmerke het gister agt toekennings by die Wêreldtoerismetoekennings gewen. Die toekennings gee erkenning, beloon en vier die uitstekende werk wat in die reis-, toerisme- en gasvryheidsbedryf gedoen is. Die wenners sluit in die Kaapstad Internasionale Lughawe as Afrika se voorste lughawe, die stad as Afrika se voorste stadsbestemming en Port of Cape Town as Afrika se voorste vaarthawe. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, het gesê hulle sal voortgaan om die ekonomie te laat groei en meer werksgeleenthede vir inwoners te skep.