Vinnige ekonomiese groei gaan nodig wees om werkloosheid te verminder en daarom wil die Wes-Kaapse provinsie ‘n jaarlike groei van vier to selfs ses persent teen 2035 behaal. Dit sluit ‘n beraamde 600 000 tot een miljoen werksgeleenthede in. Die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme het Maandag aan Netwerk 24 gesê die BBP sal jaarliks met 3,8% moet groei om die doelwit te bereik. Dit gaan vereis dat die provinsie se ekonomiese groei van die res van die land ontkoppel moet word.
