Die Wes-Kaapse minister van Gesondheid sê dié provinsie sal na verwagting 10% van die Covid-19 entstof kry

Die Wes-Kaapse minister van Gesondheid, Nomafrench Mbombo, sê die provinsie sal na verwagting 10% van die miljoen dosisse Covid-19 entstof kry wat later vandeesmaand in die land verwag word.
Die regering het vroeër gesê gesondheidswerkers sal eerste teen Covid-19 ingeënt word.
Daar is sowat 100 000 gesondheidswerkers in die provinsie.
Mbombo sê daar is sowat 1,5 miljoen gesondheidswerkers landwyd.

Luister na potgooie hieronder