Die Wes-Kaapse regering doen ’n beroep op pluimveeprodusente om waaksaam te bly teen die uitbreking van voëlgriep.
Die provinsie sê dit het sedert Junie nie nuwe infeksies van die virus aangeteken nie.
Die virus versprei egter in ander dele van die land.
Ekonome sê die pluimveebedryf lewer ‘n beduidende bydrae tot die land se ekonomie.
Die Wes-Kaap se staatsveearts, dokter Lesley van Helden, doen ‘n beroep op boere om voort te gaan met die implementering van biosekuriteitsmaatreëls om die verspreiding van die virus te voorkom.